24 April 15:24
Kaapstad Verander Area

Maandag

23°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Dinsdag

23°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Saterdag

28°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Mynbou
‘Waterbestuur moet vir myne ’n prioriteit wees’
Suur mynwater wat Sibanye by sy Randfonteinaanleg suiwer. Foto: Elvira Wood

Gauteng se suurmynwaterprobleem gaan nie vanself verdwyn nie en dit behoort meer aandag te kry.

Dit is die mening van Mark Venning, direkteur van sakeontwikkeling by Black & Veatch, wat verlede week die Mynbou-indaba in Kaapstad bygewoon het.

“Om die probleem op te los, gaan verg dat meer water as wat daar uitloop, elke dag gesuiwer moet word,” sê Venning.

“Waterbestuur moet ’n prioriteit moet wees. Indien nie, gaan dit nie net mynmaatskappye beïnvloed nie, maar ook gewone mense.”

Aan die een kant sal die water gesuiwer moet word anders sal die besoedeling mens en dier se gesondheid bedreig en ’n massiewe nadelige impak op die landbou hê.

Aan die ander kant moet myne hul watergebruik beter bestuur aangesien dié hulpbron andersins bloot nie beskikbaar gaan wees nie.

“Die uitdaging waardeur mynmaatskappye in die gesig gestaar word om minder water of selfs geen water nie te gebruik, is nie eie aan Suid-Afrika nie.

“Dit is ’n wêreldwye probleem en daar is verskeie oplossings wat oorweeg kan word,” sê Venning.

Mark Venning, direkteur vir sakeontwikkeling by Black & Veatch.Foto: Elvira Wood

In Suid-Amerika word die ontsouting van seewater oorweeg, Venning sê dit is baie duur en nie ’n bekostigbare opsie vir Suid-Afrika nie.

“Die basiese beginsels van ontsouting kan egter gebruik word om water hier te suiwer. Baie myne suiwer lank reeds heelwat van hul water. Hulle is baie bewus van die probleem.”

Mynmaatskappye soos Sibanye belê groot bedrae in die rehabilitasie van uitgewerkte myne en slikdamme.

Sibanye gaan R9,6 miljard bestee om ’n sentrale verwerkingsaanleg aan die Wes-Rand te bou wat mynuitskot sal verwerk.

Dié uitskotherwinningsaanleg gaan slikdamme by Sibanye se Kloof-, Driefontein- en Cooke-myn verwerk.

Die aanleg sal vuil mynwater gebruik in die hidrouliese mynbouproses, terwyl oortollige water gesuiwer sal word tot ’n vlak wat veilig is om te drink.

Mynwater word reeds naby die maatskappy se Randfontein-aanleg gesuiwer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.