23 Augustus 14:00
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Sake
Pickvest-beleggers skud sak vir hof
Dus word dagvaardings nie in hierdie stadium beteken nie, maar wel die aansoekstukke. Dié is waarskynlik reeds op die meeste respondente beteken.

Tot 4 000 beleggers in Pickvest se mislukte Highveld-eiendomsindikasies 19 tot 22 het reeds hul steun toegesê aan die beplande regsgeding teen direkteure van die maatskappye wat hul geld ingesluk het.

Heelparty het ook bygedra tot die regskoste, sê Marina Verdoes, ’n woordvoerder van die prokureursfirma Theron en Vennote in Stellenbosch.

Dié firma is betrokke by die aansoeke wat in Oktober ingedien is om ’n groepsgeding in te stel teen 22 individue en maatskappye wat by die mislukte eiendomsindikasies betrokke is.

Verdoes sê die eerste stap is om by die hof goedkeuring te verkry om dagvaardings teen die respondente uit te reik.

“Dus word dagvaardings nie in hierdie stadium beteken nie, maar wel die aansoekstukke. Dié is waarskynlik reeds op die meeste respondente beteken.”

Sy sê die stukke is ook elektronies op respondente beteken en die meeste van hulle het ontvangs daarvan erken en aangedui dat hulle die betekening van die stukke per balju sal aanvaar.

As die respondente nie die aansoek teenstaan nie, sal dit op 6 Januarie 2015 in die guns van die beleggers beslis word. Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat dit sal gebeur. Die hofaansoek om verlof om ’n groepsgeding te begin, is op 31 Oktober in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien deur vier beleggers in die mislukte eiendomsindikasies. Die beleggers hou onder meer die direkteure van die sindikasies, lede van die invloedryke Georgiou-familie in Bloemfontein en die sakereddingspraktisyn, Hans Klopper, verantwoordelik vir “bedrieglike en roekelose gedrag wat daartoe gelei het dat beleggers die grootste deel van hul belegging, indien nie alles nie, verloor het.”

Die vier beleggers wat die aansoek ingedien het, het tussen R250 000 en R2,2 miljoen belê.

Verdoes sê Theron en Vennote, asook die firma se korrespondent, JP Joubert Prokureurs, stel ’n webwerf op waar beleggers wat die groepsgeding ondersteun, kan registreer.

“In dié stadium kan beleggers hul naam en besonderhede stuur na​ hsactiongroup@gmail.com sodat verder met hulle gekommunikeer kan word oor ’n sertifikaat om die geding in te stel.”

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.