Volgens Van Jaarveld se nuusbrief loop hy sedert die onderhoud met onsekerhede in homself rond en ná hy hieroor nagedink het, wou hy dit van sy hart af kry.

"Ek weet eintlik rêrig nie waar om te begin of hoe om te verduidelik nie. Al wat ek weet is dat ek so verkeerd oorgekom het op Rian en dat dit glad en geheel nie was wat ek wou sê nie, maar feit is – ek het. Ek het soveel foute in die onderhoud gemaak dat ek vir dae nadat ek vir myself gekyk het steeds nie kon glo hoe verkeerd dinge uitgekom nie. Ek het voor die TV gesit en ek kon nie glo wat uit my eie mond kom nie. Tog was dit ek."

Klik by www.bobbyvanjaarsveld.co.za om verder te lees.