Dit is nou wel winter, maar spring die modeslawe voor en maak jou reg vir een van somer se grootste modes. Voorheen moes ons al baie keer die kant rok in skakerings van wit en konserwatiewe style verdra, maar die keer kan jy rond speel met helder kleure en sensasionele patrone in kant.

Di’s nie meer net jou alledaagse kant wat verwag kan word nie, ontwerpers het gepronk met  veelsydige kant vanaf handgemaakte macramé tot lasar-gesnyde katoen in pastel en helder kleurige skeppings. Die idee is om ‘n sensuele, sagte voorkoms te gee in vloeiende, ligte style. Skep ‘n laag-op-laag uitrusting of sit jou beste voet voor in helder- of metaalkleurige skoene saam met jou kant-pakkie.

Kyk hoe doen ons eie Suid-Afrikaanse ontwerper dit. Stefania Morland se skeppings tydens die MB Modeweek in Johannesburg 2013:

FOTO: Simon Deiner / SDR Photo

Internasionale ontwerper, John Rocha tydens London Modeweek somer/lente 2013:

FOTO: Simon Deiner / SDR Photo

Ons almal ken die gesegde: “Goedkoop koop is duur koop”, wat heel toepaslik is as dit by dié lap kom. Kledingstukke in kant het die vermoë om eenvoudig voor te kom en die beste verweer is kwaliteit klere. Skaf items aan van ‘n hoë gehalte en met die regte versorging sal dit langer hou en jy sal elegant en sjiek voorkom, eerder as ordinêr.

Kry jou kant-uitrusting in die SARIE-aanlynwinkel:

Langmourok van kant van Silk Orchid

Midi lace rok van Silver Spoon

"Carla Maxi Dress with lace bodice" van Michelle Ludek

Hoë-hakke bly altyd 'n treffer en gee definisie aan daai bene. Vul jou rok aan met dié verruklike paar skoene:

"Zelene Heels" van Zoom

"Colourblock peep-toe sandals" van Sam Star

"Classic high heel shoes" van Sissy Boy