Vir jare al droom hy van Hollywood. En nou gaan die akteur Emmanuel Castis in die gewilde Amerikaanse sepie General Hospital speel.

Emmaneul is in SA bekend vir sy rolle in die reeks Erfsondes saam met die aktrise Jana Strydom, asook die sepie Isidingo. Hy was reeds verlede jaar Augustus in Los Angeles en het in Februarie na Hollywood teruggekeer.

FOTO Facebook / Emmanuel Castis

Is dit baie moeiliker om in Los Angeles rolle te kry as in Suid-Afrika?

Vir seker. Groter dam met baie meer visse. Die gesprek in Hollywood is gewoonlik:

“Wat doen jy vir 'n professionele lewe?”

“Ek is 'n akteur.”

“O, in watter restaurant werk jy?”

Hoe het jy die rol in General Hospital losgeslaan?

Oudisie, oudisie, oudisie.

Watter rol is dit en vir hoe lank gaan jy die karakter vertolk?

Ek is nie 'n gereelde speler nie, die rol is nog klein. Ek speel 'n handlanger, 'n Griekse ou. Nog net 'n paar tonele.

Het julle jul eie klein SA gemeenskap daar?

Ja, ’n paar ou universiteitmaats en vriende saam met wie ek in Suid-Afrika in die TV-wêreld gewerk het.

Moes jy baie oudisies aflê voordat jy jou eerste werk as akteur gekry het?

’n Hele paar. Dit was verhoogwerk en werk as seremoniemeester. Ek sing ook in 'n musiekgroep met die naam Vanity Fair. Ons sing by besigheidsgeleenthede.

Was daar enige groot rolle wat jy byna gekry het?

Ek het byna ’n groot rol in 'n TV-reeks Black Mirror gekry. Maar teen die finale ronde van oudisies het ek dit toe nie gekry nie.

*General Hospital word nie in SA uitgesaai nie.

Kyk net hoe het dié sepie se eerste episode in 1963 gelyk:

Lees nou

Twee is beter as een: Gebruik dié produkte saam

Céline Dion laat 17-jarige van Afrika viral gaan