Glansfoto's van bekendes pryk op voorblaaie, advertensieborde en TV. Met 'n stralende vel, diep kristalblou oë, spierwit tande en fyngespierde boarms, wonder 'n mens soms hoe natuurlik dit nou regtig is. Wel, hoewel dit algemeen bekend is dat glansfoto's van bekendes ge-photoshop word, is daar nou 'n nuwe trend onder van Hollywood se bekendstes om sonder grimering of photoshop op foto's te verskyn.

Jessica Simpson (29) (foto regs) was onlangs op die Mei-voorblad van Marie Claire sonder grimering of digitale opknappingswerk. "Ek hoef niks aan niemand meer te bewys nie. Wat ander mense van my dink, is hulle saak," het sy gesê.

Demi Moore (47) was onlangs saam met Susan Sarandon, Gerard Butler en Ben Stiller in Haiti vir die Artists for Peace and Justice-veldtog. Daar is foto's van haar geneem sonder grimering. "Ek dink dat om te lag en te glimlag een van die die beste teen-verouderingstegnieke is wat bestaan."

Britney Spears (28) het onlangs sowel die opgeknapte foto's as die oorspronklike foto's van haar Candie mode-veldtog gepubliseer. Sy lyk uiteraard goed op albei, maar op die 2de weergawe is sy meer gespierd en die bietjie selluliet op haar bobene en haar tattoeërmerk het verdwyn...

Onder die mes...

Hier's 'n paar voor- en na-foto's van bekendes wat plastiese chirurgie ondergaan het.