Die ongeluk waarin sy van 'n bewegende voertuig afgeval het, was 'n groot uitdaging vir haar verhouding met die sakekonsultant, Raz Jensen. Só het Corine in 'n 2009-onderhoud met SARIE vertel: "Raz het homself ná die ongeluk bewys. Hy het nie toegelaat dat ek depressief raak nie. Hy kon maklik gedink het hy moet eerder hardloop, maar hy het gebly. Ek moes vir 'n tweede operasie gaan sodat my neusbrug opgebou kon word en ons het nie geweet hoe ek sou lyk nie."

"Maar Raz het my ondersteun, emosioneel en ook op 'n praktiese vlak. Hy het my oral heen rondgery. Selfs met 'n plastiekpyp by die huis opgedaag waarin ek my arm kon sit terwyl ek my trui aantrek, want met 'n gebreekte gewrig was dit te seer as ek dit net so probeer doen het."

Sy vertel dat hulle al vir 5 jaar lank 'n paartjie is. Behalwe vir die liefde, gaan dit ook uitstekend met Corine se loopbaan.

Dié jaar was 'n besige een. Behalwe vir drama-werksessies saam met aktrise Tamarin du Toit (Cat in Egoli) en die 3 maandelange model-werksessie wat sy aangebied het, het Corine aan die spanningsprent, Night Drive, asook die fliek, Getroud met Rugby - Die onvertelde storie, gewerk. Albei word volgende jaar op die silwerdoek uitgereik.

En dan verskyn sy ook volgende jaar in Florida Road - 'n internasionale fliek wat reeds verskeie internationale toekennings verwerf het. Volgens Corine gaan handel dit oor 'n Indiese familie wat van Indië na Durban trek. "Ek speel 'n wannabe-aktrise op wie die jongste boetie verlief raak."

Lees ook: 

Corine speel model vir SARIE Corine oor haar jongste fliek SA Style Awards 2010

Corine en Raz by die 2010 SA Style Awards

Corine en Raz by die SA Style Awards

Raz en Corine,

die prag-paartjie

Corine lyk pragtig in Lady Marmalde& Diaan Daniels Corine lyk smeulend in 'n ontwerpersrok deur Lady Marmalaide en Diaan Daniels