Dit gons wéér oor Charlize Theron en Sean Penn se verbindtenis, en dié keer blyk dit of die twee pas saam in Hawaii met vakansie was. Só berig Dailymail.co.uk.

Hulle het saam op LAX-lughawe in Los Angeles geland, maar is apart daar weg, en nou bespiegel die paparazzi dat hul tyd saam op Big Island 'n romantiese wegbreek was.

Charlize Theron FOTO: Gallo Images / Getty Images Charlize Theron FOTO: Gallo Images / Getty Images

Penn besit 'n strandhuis op dié eiland en glo het hulle daar gebly. Hy op sy branderplank afgeneem, en Charlize in haar bikini op 'n nabygeleë strand.

Penn en Theron is al vir jare lank vriende, en in 2010 was daar gerugte oor 'n verhouding. Maar hy het haar glo net deur die verbrokkeling van haar verhouding met Stuart Townsend gehelp. In 2011 was daar wéér gerugte, en onlangs het hul albei die akteur Seth MacFarlane se vakansie-partytjie bygewoon.