Jeanne Els, skrywer van die 400 woorde-rubriek in SARIE, lees op 31 Oktober voor uit Tango - Ligvoets deur die lewe, haar nuwe boek by 'n Vrouedag in die Paarl. In haar eerste boek oor depressie, Ligdans - Depressievegters se verhale van hoop, het sy deur haar eie verhaal en ook díé van ander te vertel aan baie depressielyers hoop gegee.

Kom luister na Jeanne en ander storievertellers by Nederburg naby die Paarl saam met die Bevryde Sappige Vriendinne van die Wes-Kaap.

Ander storievertellers wat daar gaan wees:
André P. Brink
Antoinette Pienaar en oom Johannes uit die Karoo
Elsabe Daneel
Amoré Bekker
Jeanne Els
Anna Celliers

Dít moet jy weet

Wanneer: Saterdagoggend, 31 Oktober 2009
Waar: Nederburg, Paarl
Tyd: 9h30 tot 14h00
Kleredrag:Wit en swart (Die een wat gedrukte media die beste uitbeeld, wen 'n prys!)
Kaartjies & Navrae:
R220 (sluit 'n middagete en vrugtesap, water, tee en koffie in)
Tel. Mariana by 021 863 2406 of 083 302 5612
Stuur 'n e-pos na custadm@mweb.co.za Bankinbetalings na besprekings:
E Aldrich, ABSA tjekrek. 4044347765
(Bankkode: 334210) of per Internet
Baie belangrik: Faks asb. inbetalingsbewys met duidelike kontaknaam na 0865793242
Laaste datum vir betaling: 15 Oktober 2009

Bestel boeke teen 20% afslag by die SARIE-boekwinkel op Kalahari.net