screen_shot_2013_08_20_at_12.42.02_pm_630w

Hierdie oulike Love Babygro sê presies wat sy ouers vir hom voel! William noem hom 'n "old rascal" wat hom herinner aan sy rooikopbroer, Harry, toe hy klein was ...

screen_shot_2013_08_21_at_11.26.13_am_630w

Die bulletjie sal beslis sy klein spiere kan ontwikkel in dié beweeglike Cobalt Striped Babygro.

Lyk net soos pa ...

screen_shot_2013_08_21_at_11.26.07_am_630w

Met hierdie Canvas Pants With Stitching sal George nes sy pa lyk - William dra gereeld soortgelyke broeke!

screen_shot_2013_08_20_at_12.42.44_pm_630w

Slimkop!

Hierdie opvoedkundige speelding (Educational Toy) is net die ding wat 'n klein prins nodig het om sy brein te ontwikkel! Pa William en Ma Kate het nie verniet op skool en universiteit uitgeblink nie!

screen_shot_2013_08_21_at_11.54.11_am_630w

Die Mobile With Sheep And Tractor For Boys is perfek om hom besig te hou en te stimuleer!

Vir die koue Britse weer ...

screen_shot_2013_08_20_at_12.43.27_pm_630wHierdie oulike Graphite T-bar Shoes is gemaak vir 'n prins! Die sole is van egte leer gemaak en die materiaal is in Suid-Afrika vervaardig. Al die produkte van Myang word deur vroue van agtergeblewe gemeenskappe gemaak.

screen_shot_2013_08_21_at_11.26.02_am_630w

Hierdie Blue Striped Beanie sal beslis sorg dat Georgie se kop nie koud kry nie.

screen_shot_2013_08_20_at_12.45.50_pm_630w

En om hom warm te hou in die Britse weer, kies ons vir hom hierdie oulike Wild Animals Blanket. William is baie erg oor die bewaring van wilde diere, so hierdie wilde dier-motief sal ook Pa se goedkeuring wegdra!

Laat baba sag slaap

screen_shot_2013_08_21_at_11.53.51_am_630w

Laat almal weet dat die baas van die huis, of in George se geval paleis, nou lekker slaap met Door Hanger.