Dié beroemde kletskoningin het reeds haar toneelspel-talente gewys in haar Oscar-benoemde rol in The Colour Purple (1985) en in Beloved (1998). En nou is Oprah Winfrey wéér op die silwerdoek.

The Butler wat later vanjaar uitgereik word, vertel die storie van die Cecil Gaines (Forest Whitaker), 'n butler vir agt presidente oor drie dekades in die Wit Huis.

Oprah speel die hoofkarakter se vrou. En daar is reeds gerugte dat dié film en die akteurs sterk mededingers vir 'n Oscar gaan wees!

Kyk uit vir uitstekende toneelspel in die rolle van die presidente en presidentsvroue - Jane Fonda speel Nancy Reagan, John Cusak transformeer in Richard Nixon, James Marsden speel John F. Kennedy, Robin Williams as Dwight Eisenhower en Orlando Eric Street speel Barack Obama.

Ander akteurs in dié ster-belaaide film is Cuba Gooding Jr. en Lenny Kravitz.

HIERONDER is die lokprent vir The Butler: