Die plaaslike sangeres Helenè Bester en haar man, Jacques Theron, het met behulp van ’n surrogaatma hul dogter oor die naweek verwelkom.

Kristi Ellen Theron is Saterdag, 6 Junie 2015, gebore. FOTO: Facebook   Helene Bester FOTO: Facebook
Helene Bester
Helenè het dié goeie nuus op haar Facebook-blad gedeel en die surrogaatma bedank:

Nege maande lank is Kristi Ellen Theron veilig gedra deur ’n surrogaatmamma – wat ’n onselfsugtige daad! Dankie dat jy haar gedra het asof sy jou eie is! Vandag is sy gebore en ons harte is so bly!

Die paartjie het ook aanhangers vir hul ondersteuning bedank: "Dankie dat jul sonder ophou gebid het en dankie vir die ongelooflike ondersteuning. Mag jul almal op hierdie dag ’n wonderwerk ervaar."

Helenè deel dié reis van nege maande in die Augustus-uitgawe van SARIE wat vanaf 13 Julie op die rak is.

Helenè het in 2012 haar eerste baba verloor - lees dié onderhoud HIER

Lees ook