Dié uitgawe het rondom die finale sokkerloting op straat verskyn. Gaan kyk op http://charlizeonline.com.

“Ek gloei,” het sy entoesiasties gesê tydens ‘n eksklusiewe onderhoud met Fifa.com. “Ek is vandag trots om te sê ek is ‘n Suid-Afrikaner. Lees die volledige Nuus24-artikel.

Sy's hier om aan die finale sokkerloting deel te neem. Ook SARIE is deel van die glans met Charlize op die voorblad van ons eerste uitgawe vir 2010!

In 'n eksklusiewe onderhoud, met foto's wat vir die eerste keer in SA gesien word, vertel Charlize dat SA steeds deel is van haar botteltjie geluk.

"Charlize is die perfekte voorblad om 2010 mee af te skop. Sy is vir my nou mooier as ooit - die foto's slaan jou asem weg. Met die Wêreldbekersokker gaan 2010 ook 'n jaar van opwinding en inspirasie wees, en dít is Charlize 100%," sê SARIE-redakteur, Michélle van Breda.

* DIE JANUARIE-UITGAWE IS VANAF MAANDAG 7 DESEMBER TE KRY

Internasionale celebs in Kaapstad gesien!

Met die finale trekking was 'n paar Kapenaars al gelukkig genoeg om van die internasionale celebs in die stad te sien.

Volgens Cape Talk 702 het Charlize gister 'n bootrit saam met haar familie gehad en daarna middagete by die Waterfront geniet.     Die Britse sokkerspeler David Beckham was by 'n eksklusiewe hotel gesien. Hy was glo perfek aangetrek en het baie ontspanne gelyk. Al die aandag was op hom gerig toe hy die hotel verlaat het met hoë sekuriteit wat hom omring het.   Nuus24 berig dat alhoewel sy oupa Woensdagoggend oorlede is, dat hy steeds in SA sal aanbly om te help met Engeland se bod vir die 2018 Wêreldbeker. Lees die volle berig op Nuus24. Hierdie sarie.com-gebruikers het Charlize gesien:

"Was so gelukkig om aan die tafel langs hulle te eet by Cape Town Fish Market aan die Waterfront Kaapstad!! Sy is stunning! Het ook baie rustig en normaal opgetree - geen aandag getrek nie. Ek's bly ek kon haar sien! Trots Suid-Afrikaans!!" - Betsie Moolman
"My skoonseun was so gelukkig om 'n paar woorde te kon wissel toe hy 'n probleem van haar huurmotor moes uitsorteer eergister in die Strand. Awesome, was sy reaksie toe ons vra is sy regtig so mooi!" - Suzette Swart

Raai wie gaan nog die finale trekking in Kaapstad bywoon?

Haile Gebrselassie (Ethiopië)
Dubbel Olimpiese goue-medalje-wenner en wenner van 9 wêreldkampioenskappe

Makhaya Ntini (Suid-Afrika), die Proteas se eerste swart krieketspeler

John Smit (Suid-Afrika), kaptein van die Springbokke, rugby se wêreldkampioene.

Matthew Booth (Suid-Afrika), Bafana Bafana-speler

President Zuma en Fifa-president, Joseph S. Blatter, sal die gaste verwelkom. F.W. de Klerk, Emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu, sokker-ikone Franz Beckenbauer, Michel Platini, Eusebio en Roger Milla gaan ook daar wees.

Nelson Mandela sal die gaste via 'n video-verbinding toespreek.

Onder die musikante wat gaan optree, is die Soweto Gospel Choir, Angélique Kidjo en Johnny Clegg

200 miljoen mense wêreldwyd sal na verwagting die finale trekking dophou.