Daar is reeds bevestig dat 65 mense oorlede is en honderde is in die puin van vele geboue vasgekeer. Die aardbewing het tydens middagete plaasgevind, en die Christchurch Cathedral in die middestad – ’n bekende toeriste-attraksie – het in die slag gebly, berig Beeld.

SARIE-lesers het op ons Facebook-blad hul medelye aan vriende en familie in Christchurch oorgedra:


Annette Van Niekerk:
Ons is in Noord Eiland, maar het vriende in Christchurch en weet nog nie of hulle veilig is nie?

Marianne Agenbag-Uys: In Auckland Noord Eiland, maar familie en vriende in CHCH. Ons gedagtes met almal.


Marzanne Krogmann:
Ons is in Wellington en het hom effens gevoel. Dis vreeslik hartseer maar wonderlik hoe almal net help en die redingsspanne vinnig reageer.

Madeleine van Rooyen: Ons is veilig in Wellington, ons gebede is met almal in Christchurch. Te veel onsekerheid op hierdie stadium om die totoale impak te weet.

Katinka Du Preez: Niemeijer My vriendin Kinua Venter is daar. Haar man het laat weet sy en haar 5-jarige seuntjie is veilig.


Rene-Kobie Duvenhage:
Ons bly in Te Anau so 500 km van Christchurch af en ons het die aardbewing tot hier gevoel !!!

Juanita Riley: Ons is in Auckland op die Noord Eiland en ons gebede is met almal in ChCh en omgewing. Ons volg dit al heelmiddag op tv en dit is net amazing hoe almal saam werk in hierdie vreeslike hartseer en onseker tyd.


Anna-Mart Loots:
Ek het 3 seuns wat minder as 10 dae gelede daarheen is om te studeer aan die Universiteit!!! Hulle is almal veilig en ek het met hulle geskype. Die skokke hou nog omtrent heeltyd aan maar is nie so erg nie. Ons kan maar net bid dat die Vader almal daar sal beskerm en bewaar.