Jy kan ’n camembertkaas in ’n boksie in die supermark koop wat jy net so in die oond kan bak. As jy dit nie kan kry nie, kan jy die kaas oop op ’n bakplaat bak.

150 g camembertkaas, in ’n boksie

1 knoffelhuisie, in dun stokkies gesny

40 ml witwyn

30 ml olyfolie

3 takkies vars tiemie

Verhit oond tot 200 °C. Haal kaas uit verpakking en plaas terug in oop boksie. Sny kepies in kaas en druk knoffelstokkies in. Gooi wyn en olyfolie oor kaas en plaas vars takkies tiemie bo-op. Plaas op ’n bakplaat en plaas in oond. Bak 10 minute tot kaas sag is en effens opgepof het. Haal uit en sit dadelik voor saam met pepermakrielpatee, vars vye en

beskuitjies van jou keuse.

FOTO: Micky Hoyle FOTO: Micky Hoyle