Hoe maklik is die tapa nie!

  • 4 klein koppe blaarslaai
  • 100 ml olyfolie
  • 4 huisies knoffel, fyngedruk
  • 30 ml sjerrie-asyn
  • 1 rooi brandrissie, pitte verwyder en baie fyn gekap
  • sout en peper na smaak

Sny die blaarslaai in kwarte. Meng die olyfolie, knoffel, asyn en brandrissie saam. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Sit die blaarslaai-kwarte in ’n bak en gooi die sous oor.