Wit mielies werk baie lekker op die kole. Omdat dié mielies se pitte baie hard is, kook of stoom ek hulle eers tot net effens sag. Braai die mielies verder op die kole tot sag en sit voor met gegeurde botter.

  • 6 wit of geel mielies

Basiliekruidpesto-botter

  • 100 g sagte botter
  • 15 ml basiliekruid-pesto – koop klaargemaaktes in die supermark

Meng die twee bestanddele goed.

Suurlemoenknoffelbotter

  • 100 g sagte botter
  • 15 ml suurlemoensap
  • 15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 1 groot knoffelhuisie, fyngekap

Meng al die bestanddele goed.

Brandrissie-botter

  • 100 g sagte botter
  • 10 ml brandrissie-pasta
  • 1 brandrissie, in dun skywe gesny

Meng botter en brandrissie-pasta en rangskik brandrissie-skyfies bo-op.

Wenk

Smeer olyfolie aan jou hande voordat jy die brandrissie sny – dit sal help as jy per ongeluk aan jou oë raak.

Om te drink

’n Koue Cobra-bier