Seker die moeilikste van die eier-gaarmaakmetodes om baas te raak, maar as jy dit 'n keer of wat gedoen het, sal jy sien dis eintlik heel maklik.Baie lekker as voorgereg saam met geposjeerde aspersies

  •  water
  • 125 ml witwyn-asyn
  • 1 eier

Stap 1. Gooi water in ’n kastrol – dit moet so halfvol wees. Voeg asyn by. Bring tot kookpunt. Roer die water in een rigting totdat dit ’n soort van ’n maalkolk vorm.

Stap 1. Stap 1.

Stap 2. Breek ’n eier oop in ’n koppie. Gooi die eier versigtig in die middel van die maalkolk in die water.

Stap 2.

Stap 3. Laat staan en moet glad nie verder roer nie.

Stap 3.

Stap 4. Wanneer die eierwit gestol het, lig die eier versigtig uit met ’n gaatjieslepel.

Stap 4.

Wenke

  • Die water moenie vinnig kook nie. Die eierwit sal uitmekaar breek voor dit kans gekry het om te stol.
  • Vars eiers se eierwit stol vinnig. As die eierwit breek, weet jy die eiers is nie baie vars nie.
  • Die asyn help dat die eierwit vinniger stol.