(20 blokkies)

  • 110 g botter
  • 250 ml ontpitte dadels, in klein stukkies gesny
  • 250 ml suiker
  • 250 ml melk
  • 625 ml volroom poeiermelk
  • 250 ml pekanneute, gebreek
  • 100 g donker sjokolade
  • ekstra gekapte pekanneute vir versiering (opsioneel)

Smelt die botter stadig in ’n swaarboomkastrol oor lae hitte. Voeg die dadels, suiker en melk by. Laat stadig kook tot die suiker opgelos is en die dadels hul vorm verloor het. Verwyder van die hitte en roer die poeiermelk en neute by. Smeer ’n vierkantige bak met ’n bietjie botter en skep die vulsel in sodat dit so 3 cm hoog is. Laat staan in ’n koel plek tot ferm, en sny in blokkies. Smelt die sjokolade en versier elke blokkie daarmee. Sprinkel gekapte pekanneute oor as jy wil. Laat die sjokolade hard word voordat jy dit voorsit. Dis die lekkerste as dit oornag in die yskas was, en dit hou tot ’n week in die yskas.