Sowat 12 – 14 bondeltjies

Vleisvulsel

• 30 ml botter

• ½ ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 500 g beesmaalvleis

• sout en peper

Deeg

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 10 ml bakpoeier

• 200 g (250 ml) botter, in blokkies gesny

• 2 eiers

• 250 ml koue water

• 1 eier, geklits

• heel naeltjies

Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in ’n pan. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag. Voeg maalvleis by en braai tot net gaar. Geur met sout en peper. Laat afkoel. Sif meel en bakpoeier saam in ’n mengbak. Voeg botter by en vryf in tot dit soos broodkrummels lyk. Klits 2 eiers en water saam. Maak ’n holte in middel van meelmengsel en voeg vloeistof by. Meng tot deeg vorm. Keer deeg uit op meelbestrooide oppervlak en knie goed. Rol dun uit en sny in 8 x 8 cm-blokke. Verf die rande met geklitste eier. Skep ’n groot lepel vol maalvleis in die middel. Bring die vier hoeke bymekaar in die middel en druk stewig vas. Druk ’n naeltjie in die middel van elke bondeltjie. Verf met geklitste eier. Pak op uitgevoerde bakplaat en plaas in oond. Bak 20 – 25 minute tot goudbruin.