Al ooit daaraan gedink om worteltjies by kamertemperatuur voor te sit? Dit smaak veral lekker saam met die rooisoetrissie-hoemoes.

(genoeg vir 6)

  • 36 gemengde klein worteltjies
  • 60 ml olyfolie
  • 15 g (15 ml) botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 ml karwysaad
  • 5 ml fyn komyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • olyfolie

Plaas worteltjies in kastrol. Bedek met water en bring tot kookpunt. Kook tot net sag. Dreineer. Verhit olyfolie en botter saam in ’n pan. Voeg worteltjies, knoffel, karwysaad en komyn by. Braai sowat 5 minute. Geur met sout en peper. Haal uit pan en laat afkoel. Sprinkel klein bietjie olyfolie oor net voor jy dit voorsit.