(4 PORSIES)

  • 80 ml olyfolie
  • 8 varkworsies
  • 3 rooi-uie, in kwarte gesny
  • 4 groot Mediterreense aartappels, in skywe
  • 4 heel knoffelhuisies
  • 4 groot rosatamaties, gehalveer
  • 3 takkies vars roosmaryn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Sny worsies los van mekaar. Pak worsies, uie, aartappels en knoffel in oondroosterbak. Gooi olyfolie oor. Plaas in warm oond en rooster vir 1 uur. Draai die worsies om ná die helfte van die baktyd. Verlaag die oondtemperatuur ná die volle uur na 160 °C. Pak die tamaties en roosmaryn in die bak en geur met sout en peper. Rooster verder vir nog ’n uur.

Om te drink: ‘n Vrugtige wit sal lekker wees by die varkvleis. Probeer Fairview se La Capra Chenin

Blanc of Vergelegen Vin de Florence.