(4 porsies)

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 blik (400 g) gekapte tamaties

• 250 ml koeskoes

• 250 ml hoenderaftreksel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 350 ml bevrore ertjies

• 300 g klaargaar beesvleis-frikkadelletjies

• 125 ml witwyn

Verhit olyfolie in diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en laat kook sowat 5 minute. Voeg koeskoes by en roer goed met vurk. Verlaag hitte en voeg aftreksel by. Geur met sout en peper. Maak pan toe met deksel. Laat staan sowat 5 minute. Voeg ertjies, frikkadelle en witwyn by. Maak weer toe met deksel en hou op hitte tot frikkadelle warm is.