(6 porsies)

  • 6 groot murgpampoentjies
  • 2 sirkels fetakaas
  • 30 ml (2 eetlepels) mascarpone-kaas
  • 15 kappertjiesade (capers), grofgekap
  • sowat 19 blare vars origanum, gekap
  • olyfolie (vir bo-oor)
  • vars gemaalde swartpeper

Halveer murgpampoentjies in die lengte. Plaas in ’n oondbak. Skraap die sagte deel in die middel van die murgpampoentjies met ’n teelepel uit. Krummel fetakaas en voeg die mascarpone-kaas, kappertjiesaad en origanum by. Meng goed. Geur met swartpeper. Moenie sout byvoeg nie - die feta en kappertjiesaad is sout genoeg. Vul murgpampoentjies met die mengsel, sprinkel bietjie olyfolie oor en plaas in voorafverhitte oond teen 180 °C vir 20 minute. Sit nou jou rooster-element aan en rooster tot effens bruin.