(12 koekies)

  • 155 g botter
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 100 ml kakaopoeier
  • 60 ml strooisuiker
  • 45 ml water

Vulsel

  • 250 g roomkaas
  • 100 g versiersuiker
  • 10 ml rooi koskleursel

Verhit oond tot 180 °C.

Plaas al die koekie-bestanddele in ’n voedselverwerker.Verwerk op hoë spoed tot alles in een bal saamkom. Laat rus in yskas vir 20 minute. Rol sowat 3 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit.

Druk met 8 cm-koekiedrukker 24 sirkels. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is.   ( Jy kan patrone in die koekies druk met ’n koekie-stempel.) Bak vir 10 – 12 minute of tot goudbruin en bros. Laat afkoel.

Vulsel

Plaas bestanddele vir vulsel in middelgroot mengbak en klits met handklitser tot romerig en goed gemeng. Skep lepels vol op 12 koekie-helftes. Plaas ander helftes bo-op. Sit voor