Ek sien myself as 'n spontane, altyd vriendelike mens, en wou myself uitbeeld in die perfekte rok, wat ook uitbeeld dat die lewe 'n lied is. Ek het natuurlik te veel gunsteling kleure en kon nie kies nie, het dadelik geweet wat ek wou he, en het die materiaal net so van die rak gaan afhaal. Die kraletjies het dit mooi afgerond, en ek kon net nie nee se vir die spieeltjies nie. As ek dit kon oordoen sou ek presies dieselfde rok gekies het, ek sou die aand dalk net wou langer maak, dit was alles so vinnig verby. Ek het soos 'n feetjie gevoel in my eie wonderwêreld.

Sien alle inskrywings