Vandat ek n jong dogtertjie was het ek al begin beplan aan my ideale matriekafskeid rok. Voordat ek nog kon besluit wat ek werklik wou he het ek en n vriend een dag gaan draf na skool en het toevalig verby die winkel Polaris gehardloop. Ek het dadelik gestop want die rok het my oog gevang. Ek het hom dadelik aangetrek en hy het my soos n handskoen gepas. n Wit rok was glad nie n kleur wat ek oorweeg het tot op daai dag nie. Ek het juis vir n rok gesoek wat my anders as al die ander meisies sal laat lyk en soos n feetjie sal laat voel. n Rok wat my sal laat uitstaan bo al die ander. Die vere aan die bo kant is anders as die normale. Die rok was definitief my ideale matriekafskeid rok.

Sien alle inskrywings