Inspirasie vir dié reeks sandale kom van ‘n woonbuurt in Brasilië, Ipanema, wat bekend is vir sy vrolikheid en eksotiese energie. In samewerking met die supermodel Gisele Bündchen ondersteun die vervaardigers ’n liefdadigheidsorganisasie vir mariene bewaring, The Tamar Project. Dit maak Ipanema meer as net ’n mooi sandaal. Ipanema kos vanaf R139,95 en word deur Intershu verskaf. Vir meer inligting, skakel 011 786 1519.