Aandster

Bruin is ’n goeie alternatief vir die veelsydige swart rokkie. Sit luiperdmotiefskoene
daarby en jy beweeg stylvol van dag na aand. Bruin mantelmou-rok (R799),
Country Road @ Woolworths. Luiperdmotiefskoene (R699) en bruin handsak van
nagemaakte leer met metaalbruin handvatsels (R529), Daniella Michelle @ Zoom.
Kralehalssnoer (R130), Lulu Belle.
Groottes:
Rok: S – L

 Sagte Aanslag

Sagte Aanslag

Die gewilde militêre voorkoms is nou
vrouliker. ’n Oorgroot bloes versag jou
staatmakernoupypbroek in kakie.
Sampioenkleurige oorgroot hemp (R399),
Slick. Kakiekleurige broek (R280), Milady’s.
Armband van chiffon en goue skakels
(R110), Sass Diva. Lang string donkerbruin
krale (R95), Lulu Belle. Roesbruin
leerhandsak (R2 500), Lulu Belle.

Groottes
Bloes: Een grootte pas almal
Broek: 32 – 44

Rooi Aksent

Dieprooi is ’n sterk aksentkleur wat
lewe gee aan die neutrale skakerings
in jou kas. Só ’n knooptruitjie kan jy
die hele seisoen, dag en aand, dra.
Roomkleurige T-hemp met
drukwerk (R590), Lunar.
Dieprooi knooptrui (R450),
Twist@Woolworths. Bruin broek
(R799), Country Road@Woolworths.
Armbandjie met blomme
en steentjies (R850), Lulu Belle.
Bruin handsak (R149,95), Edgars.

Groottes
Broek: 32 – 44
T-hemp: 32 – 36
Truitjie: S – L

 Rooi Aksent
 Vrolik Vroulik Vrolik Vroulik

Die klem is op vroulikheid, selfs meer as
vorige seisoene. ’n Aandagtrek-romp soos
dié werk goed saam met ’n sagte
roomkleurige bloes – ideaal vir werk of
vir uitgaan. Bloes met kant-insetsels
(R690), Jo Borkett. Rooi-enkameelkleurige
gestreepte volromp van tafsy (R2 800),
KLûK CGDT. Kameelkleurige
ooptoonhak (R349), Queue.
Taankleurige leerbelt (R329),
Country Road@Woolworths.
Leerbandjie-horlosie (R1 200),
Jacques Lemans.

Groottes
Bloes: 30 – 38
Romp: 30 – 38

Strepiestreffer

’n treffende streeptrui gee ekstra
opwinding aan ’n eenvoudige
effekleur-lyfpak (jumpsuit).
Dié trui kan jy saam met al jou ander
neutrale uitrustings dra.
Lyfpakkie (prys teen druktyd
nie bekend), Phenomena @ YDE.
Rooi-en- kameel strepiestrui (R699),
Yarra Trail. Skoene (R600), Pringle.
Dun bruin leerbelt (R390), Jo Borkett.
Donkerbruin handsak (R529), Zoom.

Groottes
Lyfpak: S – L
Trui: S – L

 Strepies Treffer
 Elegant Elegant

Dis die seisoen van die rok – ook met
’n motief. Dra dit saam met ’n stylvolle
jas of baadjie in ’n aardse kleur.
Rok met fyn blommotiewe en belt
(R799), Mango. Roomkleurige baadjie
(R599), Edgars. Skoene (R1 099), Nine West
Bruin leerhandsak (R1 390), Jo Borkett.

Groottes
Rok: 8 – 18
Baadjie: S-XL

Klassiek

Met ’n klassieke trui in ’n
neutrale kleur kan jy nooit ‘n fout
maak nie. ’n Breër belt daarby gee
dit dadelik ’n meer formele voorkoms.
Kameelkleurige trui (R689),
Marco Polo @ Stuttafords
Lang rooi romp van katoenmengelstof
(R390), Slick. Kameelkleurige belt
van kunsleer (R299), Slick.
Lang hangertjie (R500), Lulu Belle.

Groottes
Trui: S – XL
Romp: S – L

 Klassiek
 Dis die Deatail Dis die detail ...

interessante detail maak van
’n eenvoudige goudbeige rok
’n meesterstuk. Rok in twee lae
met krale en borduur-detail
(R2 300), Robyn Caris.