Sukkel jy om ’n naam vir jou kind uit te dink? Kyk hoe jou idees, en jou eie naam, se gewildheid oor die volgende 25 jaar gaan styg en daal, met dié toets van Time. Lees die volle artikel hier.

Gewilde name volg altyd dieselfde siklus. Name bereik ’n hoogtepunt wanneer nuwe ouers op die lawaaiwa spring en neem weer af wanneer almal op die speelgrond op dieselfde naam reageer.

Name soos Bella, Miley en Britney se gewildheid het vinnig gestyg en gedaal toe bekendes met dieselfde naam ouers se harte gesteel het. Ander name, soos Evelyn en Maria, is meer konstant, met ’n geleidelike toe- en afname.

Om te kyk hoe gewild jou eie naam in die verlede was, en hoe dit in die toekoms gaan vaar, moet jy jou naam in die soekboksie intik en wag tot die grafiek verander. Jy kan ook ’n reeks verskillende name met mekaar vergelyk.

KLIK HIER om te sien hoe gewild jou naam oor 25 jaar gaan wees.

Dis nie maklik om te voorspel hoe gewild ’n naam in die toekoms gaan wees nie. Die ontwikkelaars van hierdie toets het gaan kyk hoe soortgelyke name se gewildheid gestyg en gedaal het en voorspel dan só hoe name gaan vaar.

Dit lyk op die oomblik asof Emma in 2014 die gewildste naam vir pasgebore dogtertjies gaan wees.

Bron: Time