In ons Februarie-uitgawe het ons geskryf oor Gracie Ngcongo van Amanzimtoti, Clarins/ SARIE se Most Dynamic Woman 2010 – die “ma” van so 70 voorskoolse kinders by die Silindokuhle Crèche wat sy uit niks in 2003 begin het. Toe inspireer ons artikel Total SA om Gracie te help – met groentetonnels waarin veral spinasie en selfs blomme vir die mark gekweek kan
word.Ook ’n 5 000 literwatertenk, toerusting en kennershulp om die tonnels te onderhou. Ons salueer julle, Total SA!