Lourensia Bronkhorst (30) is die banketbestuurder by Protea Hotel in Stellenbosch. Sy bly in Somerset-West.

Lourensia Before After

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha - grimeerkunstenaar

Sy het die mooiste blou oë en glimlag! Ek het haar natuurlike lipkleur beklemtoon.

Seugnet Robson - stilis

wat 'n beeldskone mens! van binne en buite! ons het besluit om sagte 'nude' kleure te kies wat pas by haar sagte persoonlikheid sowel as perels om dit bietjie op te kikker maar steeds elegant te lyk! die resultaat was pragtig! eks baie beindruk!!

Veronique Mills - fotograaf

Lourensia is verskriklik saggeaard en het die mooiste blou oë. Haar foto's is sag en pas by haar persoonlikheid. Dit het my opgeval hoe verbaas sy was toe sy die foto's sien - sy kon nie glo dit is sy nie!

Wat sê Lourensia?

Waarom het jy besluit op 'n 'makeover' vir jouself?

"To love others, you must love yourself first." - Ek wou weer goed voel oor myself en die mooi in my ontdek.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap? 

My blou oë en groot glimlag.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het? 

Ek leef in 'n swart werksuniform, en wanneer ek kans kry vir iets anders, is dit gemaklike klere soos 'n paar jeans en 'n toppie. Nou weet ek mens kan gemaklik tog sjiek lyk, en die regte grimering is belangrik.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek was opgewonde en senuweeagtig, want ek het regtig nie geweet wat om te verwag nie.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien? 

"Oh, wow!" dit was my reaksie. Ek moes twee keer terugkyk in die spieël om seker te maak dit is regtig ek.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Alles was amazing en ek het soos die mooiste model gevoel. Maar wat besonders was, was om die drie dames agter die kamera se gesigsuitdrukkings te sien - in vervoering met hoe die foto’s lyk.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?

“Ons weet jy is mooi, maar die foto’s laat jou beeldskoon lyk," het van hulle gesê.

“Leave hospitality and go into modelling,” het 'n ander gesê. En die man in my lewe se reaksie was, “Sjoe, ek het jou lankal gese jy is regtig beautiful!”

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Baie maklik. Dit gaan daaroor om klein detail by jou kleredrag te sit, te glo jy is pragtig en die regte grimering te dra.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?

Absoluut! Elke vrou verdien om só te voel en hierdie drie amazing dames maak dit moontlik!

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Ek sien nou raak wat Veronique deur 'n kameralens raaksien. Ek voel beeldskoon en die mooi binne in my kom nou uit, só dat mense rondom my dit kan raaksien.

Klere: Model se eie en Nili Collections by www.facebook.com/nili.collections

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com