’n Hele paar bekendes het die laaste ruk hul haarstyle verander nadat dit lank dieselfde styl en kleur was. Hier is van ons gunstelinge.

Kristen Stewart

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die Twilight-aktrise Kristen Stewart het haar hare oranje gekleur vir haar rol in die komediefliek American Ultra. Ons ken haar as ’n brunet, maar het jy geweet haar natuurlike haarkleur is eintlik blond?

Kristen se nuwe oranje kapsel  FOTO: Instagram (@maisondecheveux) Kristen se nuwe oranje kapsel
FOTO: Instagram (@maisondecheveux)

Kristen Stewart sit met haar hande in haar hare ...

Kelly Osbourne

Die rocker Ozzy en kletsprogram-aanbieder Sharon Osbourne se dogter Kelly (’n aanbieder op E! Entertainment se Fashion Police) is nie bang om met haarstyle te eksperimenteer nie. En haar jongste styl is geen uitsondering nie! Kelly se hare is nou aan die een kant van haar kop geskeer. ’n Lekker edgy voorkoms!

Sharon en Kelly Osbourne onthul grimering-vennootskap

Maggie Gyllenhaal

Die elfiesnit (pixie) van dié aktrise en suster van akteur Jake Gyllenhaal is tans hoogmode, maar Maggie (The Dark Knight, Mona Lisa Smile en Riding in Cars with Boys) het vir die eerste keer in jare haar hare van bruin na blond gekleur! Sy het op die profiel-webblad WhoSay ’n foto van haar nuwe hare gedeel.

Rooitapyt-flaters by die BAFTA's

Mindy Kaling

Sy het tans haar eie komediereeks, The Mindy Project, wat sy sélf skryf en was ook ’n skrywer vir die Amerikaanse weergawe van die televisiereeks The Office. Nou het Mindy Kaling haar lang haarstyl opgeknap deur ’n kuif te sny!