Dis ’n nuwe jaar en tyd vir nuwejaarsvoornemens. ’n Paar lede van die SARIE-span het besluit om elk ’n skoonheidsvoorneme saam met ’n splinternuwe selfie te deel. Só sê ons 2016 is dié jaar om te waag! Wat is jou skoonheidsvoorneme? Deel ook jóú voorneme saam met ’n selfie en gebruik #SARIE2016

Minions is groot 'trendsetters'

Fanie Cronjé Fanie Cronjé

In 2016 wil ek... my hare tot op my skouers laat groei. My droom is om teen Desember vanjaar hare so lank soos dié van Tarzan te hê. Op die oomblik wil-wil ek heeltyd my hare laat sny omdat ek so gewoond is aan kort hare. Gelukkig weet my barbier wat hy doen en sny hy vir eers net die hare weerskante van my kop kort, terwyl hy die boonste hare los om netjies uit te groei - Fanie Cronjé, styl- en sosiale redakteur

In 2016 wil ek... meer waaghalsig wees met kleur op my lippe. Ek dra graag rooi en oranje lipstiffie, maar ek gaan ook diep bruinrooi en donker bessieskakerings probeer. Dié kleure is groot nuus vir 2016 - Charis van den Heever, skoonheidsredakteur

Lucelle Hough Lucelle Hough

In 2016 wil ek... elke dag my hare op ’n interessante manier stileer en vleg terwyl ek dit laat lank groei. Ek het juis vanoggend vir my ’n splinternuwe stileerproduk gaan koop om uit te probeer. - Lucelle Hough, digitale redakteur

In 2016 wil ek... elke dag ’n vogroom gebruik – nie net op my gesig nie, maar oor my hele lyf. Soos ek ouer raak, kom ek meer en meer agter hoe belangrik dit is om my vel te bevog. Ek wil ook beter kyk na my voete deur vir ’n voetbehandeling te gaan. - Maresa Pretorius, senior ontwerper

Liani Jansen van Rensburg Liani Jansen van Rensburg

In 2016 wil ek... waag met vrolike kleure op my lippe! - Liani Jansen van Rensburg, inhoudsbestuurder

Carmen Botma Carmen Botma

In 2016 wil ek... meer met verskillende haarstyle en -produkte eksperimenteer pleks daarvan om dit net altyd los werk toe te dra. - Carmen Botma, bemarkings- assistent

In 2016 wil ek... my krulhare begin flaunt. Ek gaan my stileeryster wegbêre en my hare meer natuurlik begin dra. - Magdel Muller, mode-assistent

Monica Pienaar Monica Pienaar

In 2016 wil ek... my grimeerborsels meer gereeld begin was – dis so maklik en vinng en kan nét goed wees vir my vel. - Monica Pienaar, skoonheidsassistent

Wat is jou skoonheidsvoorneme? Deel ook jóú voorneme saam met ’n selfie en die hutsmerk #SARIE2016 op Facebook, Twitter of Instagram

Selfs met ADHD kry hy graad