My vel is baie droog in die winter. Ongelukkig is ek nie lief daarvoor om elke dag 'n lyfroom te gebruik nie. Hierdie winter is Eucerin AtoControl Bath & Shower Oil (R140) my redding.

Eucerin AtoControl Cleansing Oil UK Packshot STG2

Dis 'n olie wat begin skuim sodra jy jou lyf daarmee was. Die produk is eintlik ontwikkel vir mense wat soms sukkel met dermatitis-simptome soos 'n baie droë, jeukerige vel wat skilfer, maar dit het ook baie goed vir my gewerk. Vandat ek dit gebruik hoef ek nie elke dag lyfroom aan te smeer nie en my vel voel steeds bevog en sag. Wanneer ek bad, spuit ek sommer daarvan in die water. Dit is ideaal vir 'n sensitiewe vel omdat dit geurvry is. Dit werk so sagkens dat dit selfs vir babas gebruik kan word.

charis_2_310w

Charis Labuschagne, skoonheidsredakteur