Mini-BIBLIOTEEK
Pak jou mooiste en geliefkoosde boeke netjies op ’n skêrskinkbord
(R179, Mr Price Home). Die prentjie word afgerond deur ’n
salige gemakstoel (oorgetrek met Hertex Fabrics se Shocking,
kleur Heather @ R700 p.m.), ’n goeie leeslamp (R999) en’n fyn
port-kraffie (R249) van Wetherlys. Daarby jou gunsteling-koekies
vir ’n genotvolle lees-uurtjie. Rig só ’n hoekie in jou slaap-
of sitkamer in. Goue gestreepte muurpapier, New Art
(R1 400 per rol), Hertex Fabrics. Mat (R799) en kombersie
(R180), @home. Glas stilis se eie.

WENK

’n Skêrskinkbord kan ewe goed as bedkassie diens doen. Laat saag ’n plankie wat tussen die pote pas vir ekstra pakplek.

 
BADKAMER-prag
’n Skêrskinkbord (R1 699) van Wetherlys is ideaal in ’n badkamer.
Stal jou bederfgoed, soos al jou lekkerruiksepe (vanaf R11,99)
en badballetjies (vanaf R14, albei Rain) hierop uit vir ’n luukse gevoel. Handdoeke (R190 elk), Woolworths. Stoffeermateriaal op agtergrond uit Hertex Fabrics se Gina-reeks, kleur  Sultana
@ R1 300 p.m. Besoek www.hertex.co.za.
Gelukkige MOEDERSDAG!
Laat elke vriendin hul ma se gunsteling-eetgoed maak en saambring. Gooi jou teetafel tot op die vloer toe met ’n mooi doek (Hertex se Great Expectations, ontwerp Pip @ R500 p.m.). Dek met glasklokke en -koekstaanders. Van links: klok van geslypte glas op silwer bord (R364,65, Wetherlys), groot klok (R250, Woolworths) op staander van geslypte glas (R259, Home etc), glasklok op piouter-staander met rooi koekie (R620, Rhubarb Room), langwerpige glasklok (R220, Lime Grove), hoë glasstaander en -klok (R159, Home etc).
Vir ’n treffende tafelversiering, plaas 2 glas-koekstaanders (stilis se eie, heel regs) op mekaar, keer ’n glas daarop om en plaas ’n klein koekie of blom daarop. Versier die koekstaanders met oop rose. Dek jou beste teegoed op ’n aparte skêrskinkbord. Teekoppies en pierings (R360 elk) en kleinbordjies (R269), Royal Albert, beskikbaar by Waterford, Wedgewood, Royal Doulton. Ander items stilis se eie. Stoel oorgetrek met Hertex Fabrics se Shocking, kleur Heather (R700 p.m).

WENK

Mooi omgekeerde glase maak minikoekstaanders.

 

 
Gee dit MOOI
As jy nog iets wil bygee, is ’n pragtige koppie, vars blomme of mooi toegedraaide sjokolade onder die glasklok ’n ekstra bederf. ’n Sleuteltossel (R142,93, Castellano-Beltrame) is ook ’n besonderse
pasella. Of maak ’n kamma-koek soos ons s’n van bloemiste-oase, lint en roosblare: Koop 2 sirkels oase by ’n blomhandelaar, week dit in water, draai ’n breë lint om elkeen en strooi roosblare bo-oor. Rond af met ’n roosknop heel bo. Jy kan ’n bietjie geurolie of vanieljegeursel oor die oase sprinkel om dit lekker te laat ruik. Dit maak ook pragtige tafelversierings vir teetyd. Langwerpige glasklok (R220), Lime Grove. Hoë koekstaander (R399), Plush Bazaar. Platter Maxwell & William-glasklok (R159), Home etc. Glas-onderbord (R69), @home. Voorste keramiekblom (R14,69), Game. Groter blom (R55), @home. Klein botterbakkie (R18,95), Home Comforts.
Ander items en lint stilisse eie.
Hou als BYMEKAAR
Jy hoef nie weer in laaie te grawe agter losgoed aan nie! Pak dit
onder jou glasklokke sodat jy dit maklik kan vind. Bo van links na
regs: koekstaander op voetstuk (R399, Wetherlys), botterbakkie
(R45, Plush Bazaar), omgekeerde blompot (R59,99, Sheet Street),
groot glasklok (R250/Woolworths). Onder v.l.n.r.: botterbakkies
(R45 elk, Plush Bazaar), glaskoekstaander (R99,95, Home Comforts), glasklok (R159) en staander van geslypte glas (R259, albei Home etc.), Fork & Spoonmateriaal op seildoek (R270 p.m.)
van Silk & Cotton Co. Ander items stilis se eie.