Maak só

Laat sny ’n gaatjiesbord van 60 x 60 cm. Verf dit in ’n kleur van jou keuse. Jy kan enige kruissteekpatroon kies waarvan die telpatroon nie meer as 23 is nie. Gebruik ’n dubbele breidraad en volg die grafiek om die kruissteke te borduur in die gaatjies. Of gebruik ons s’n hieronder. Kap die gaatjiesbord teen die muur vas met Hilti-spykers en installeer die rakkie bo die gaatjiesbord. Kombuisrak patroon
Gebruik spesiale gaatjiesbordhakies om jou vadoeke en bekers aan op te hang. Borde (R135 elk), koffiebeker (R85), melkbekers (R130) en vadoek (R125) is van Blink.