29 Mei 22:53
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Atletiek
Bekele mik na wêreldbeste in Londen-marathon
Kenenisa Bekele (voor) wen in 2005 die 10 000 m by die Wêreldbyeenkoms in Helsinki, Finland.Foto: Gallo Images

Die Ethiopiër Kenenisa Bekele het in September verlede jaar die wêreldrekord met net ses sekondes in die Berlyn-marathon in Duitsland misgeloop.

Dié wêreldrekordhouer in die 10 000 m en die 5 000 m meen hy kan Sondag in die 36ste Londen-marathon nog vinniger as sy tyd van 2:03:03 in Berlyn hardloop.

“Ek is net so goed op peil soos ek in Berlyn was. Ek glo ek kan my tyd verbeter. Natuurlik kan enigiets in die marathon gebeur, maar ek is gereed en het selfvertroue,” het die 34-jarige Bekele luidens ’n berig op die Londen-marathon se webwerf gesê.

Die Ethiopiër, wat ook ’n Olimpiese en wêreldkampioen op die baan was, was verlede jaar met sy debuut in die Londen-marathon derde in 2:06:36 ná die Keniane Eliud Kipchoge (2:03:05) en Stanley Biwott (2:03:51). Kipchoge en Biwott neem nie Sondag deel nie.

Die Keniaan Dennis Kimetto het drie jaar gelede in Berlyn die vinnigste tyd tot nog toe (2:02:57) oor die marathonafstand gehardloop.

Hy is nou weer goed gemotiveer om goeie wedlope en haastige tye te hardloop.

Bekele, wat aan die sewende marathon van sy loopbaan deelneem en ondanks sy derde plek in verlede jaar se Londen-marathon nie in die Ethiopiese marathonspan ná verlede jaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro ingesluit is nie, kon in Januarie weens ’n kuitbesering nie die Dubai-marathon voltooi nie. Hy sê sy weglating uit die span na die Olimpiese Spele was vir hom ’n teleurstelling, maar hy is nou weer goed gemotiveer om goeie wedlope en haastige tye te hardloop.

“Dit is regtig jammer Eliud (Kipchoge) is nie hier nie.”

Bekele is Sondag in Londen een van ses atlete wat nog altyd vinniger as 2:06:00 in die marathon (42,2 km) gehardloop het.

Kipchoge se haastige tyd verlede jaar het waarskynlik ’n groot rol gespeel om soveel haastige atlete Londen toe te lok. Een van dié ses is Bekele se landgenoot, Feyisa Lilesa (2:04:42), wat tweede ná Kipchoge op die Spele in Rio was. Lilesa, wat verlede jaar sewende in Londen was, woon deesdae in die VSA.

Die Keniaan Mary Keitany gaan Sondag die hulp van pasaangeërs in Londen vra. Foto: Getty Images

In die afdeling vir vroue het die Keniaan Mary Keitany gevra vir die hulp van pasaangeërs sodat sy die beste tyd tot nog toe in ’n wedloop waarin net vroue hardloop, (2:17:42) kan verbeter.

Die mans en die vroue spring afsonderlik weg.

Die Brit Paula Radcliffe het 14 jaar gelede in die Londen-marathon die vinnigste tyd tot nog toe deur ’n vrou (2:15:25) gehardloop, maar daardie jare het die mans en vroue nog saam gehardloop.

Keitany sal goed dopgehou word deur die Keniaan Florence Kiplagat, wat verlede jaar derde in Londen was en dit later met ’n oorwinning in die Chicago-marathon opgevolg het, asook deur die Ethiopiër Mare Dibaba.

Nog ’n Ethiopiër, Tirunesh Dibaba (31), ’n driemalige Olimpiese gouemedaljewenner op die baan, neem ook deel. Sy het in 2014 in Londen in ’n puik 2:20:35 – die naasvinnigste marathondebuut tot nog toe – gewen.

Die ideale hardloopweer word vir Sondag in die Britse hoofstad voorspel. Die Londen-marathon word Sondag van 09:45 tot 13:30 regstreeks op SS6 op DStv uitgesaai.

* Die Hamburg-marathon in Duitsland word van 08:45 tot 12:00 regstreeks op SS7 (ook op DStv) uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.