26 Junie 20:52
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Atletiek
Comrades-kampioene bou myle in Loskop-wedloop
Gift Kelehe kom met 'n groot glimlag by die wenpaal aan. Foto: Ian Carbutt
Rekordbreker! David Gatebe nadat hy Sondag in Durban eerste oor die eindstreep van die Comrades-wedloop gedraf het en die vorige rekord verpletter het.. Foto: IAN CARBUTT

Die vorige twee jaar se Comrades-kampioene sal albei Saterdagoggend in Middelburg, Mpumalanga, aantree vir die 31ste Loskop-wedloop oor 50 km.

Maar nóg Gift Kelehe, wat op 4 Junie sy titel in die op-Comrades tussen Durban en Pietermaritzburg verdedig, nóg David Gatebe, verlede se wenner in die teenoorgestelde rigting, sal die krane in dié wedloop oopdraai nie. Dit is te kort voor die Comrades om in hierdie stadium te hard te hardloop.

Die wedloop, waarvoor meer as 5 000 atlete ingeskryf het, begin Saterdagoggend om 06:00 voor die munisipale kantore in Middelburg en eindig by Forever Resorts se oord langs die Loskopdam. Die roete word beskou as ’n ideale roete vir Comrades-voorbereiding.

Gatebe, wat soos Kelehe ook van Rustenburg is, het verlede jaar ’n nuwe rekordtyd van 5 uur 18 minute en 19 sekondes in ’n baie vinnige Comrades opgestel.

Ons gaan die ‘Loskop’ net gebruik as ’n oefensessie en my ouens sal beslis nie hard hardloop nie.
Johan Hamlett

“Ons gaan die ‘Loskop’ net gebruik as ’n oefensessie en my ouens sal beslis nie hard hardloop nie,” het John Hamlett, Kelehe en Gatebe se afrigter, uit Dullstroom gesê waar sy groep van tien atlete hulle vir die Comrades slyp.

“Hulle hardloop in hierdie stadium sowat 240 km per week,” het Hamlett gesê terwyl hy langs die pad vir sy atlete gewag het wat besig was met ’n lang oefensessie van vyf uur.

Dié groep atlete sal eers twee dae voor die Comrades Durban toe vertrek.

Dullstroom is hoog bo seevlak (2 077 m tot 2 332 m). Op dié hoogte bo seevlak produseer ’n atleet se liggaam op natuurlike wyse meer rooibloedselle wat op die dag van die wedloop voordelig kan wees.

Charné Bosman, verlede jaar se Comrades-wenner in die afdeling vir vroue, en Caroline Wöstmann, die verdedigende kampioen in die op-wedloop, sal nie Saterdag onder die deelnemers wees nie.

Wöstmann het verlede week met die Twee Oseane-wedloop in die Kaap vroeg ’n dyspierbesering opgedoen en besluit om haar eerder aan die wedloop te onttrek.

Die voormalige Olimpiese marathonkampioen Josiah Thugwane het 12 jaar gelede die rekord van 2:44:03 opgestel.

Bosman, wat nie in die Kaap was nie omdat sy meen die Twee Oseane was vanjaar te naby aan die Comrades, sal ook nie Saterdag in Mpumalanga deelneem nie.

“Ek sal Saterdag op my eie 45 km hardloop,” het dié atleet van Centurion gesê. Sy sal van volgende Woensdag af vir 23 dae in Graskop, Mpumalanga, ook hoog bo seevlak, vir die Comrades voorberei.

Die voormalige Olimpiese marathonkampioen Josiah Thugwane het 12 jaar gelede die rekord van 2:44:03 opgestel. Zimbabwe se Thabita Tsatsa het vyf jaar gelede die rekord vir vroue (3:14:37) opgestel.

Verlede jaar het die veteraan Charles Tjiane, ’n tweemalige Comrades-gouemedaljewenner, gewen met ’n tyd van 2:47:34. Die wedloop vir vroue is deur Yolande Maclean, ’n sewemalige Comrades-gouemedaljewenner, in 3:31:01 gewen.

Albei van hulle sal hul titels verdedig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.