21 Augustus 04:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Atletiek
Ethiopiese atleet met gesin herenig ná protes

Die Ethiopiese marathonatleet Feyisa Lilesa is vir die eerste keer sedert die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro verlede jaar met sy gesin herenig nadat hy uit sy geboorteland gevlug het.

Feyisa Lilesa, ’n Ethiopiese marathonatleet, het Donderdag vir die eerste keer sedert die 2016 Olimpiese Spele sy gesin gesien. Foto: Getty

Hy bly sedert die einde van die Spele in die VSA nadat hy ’n gebaar teen die Ethiopiese regering gemaak het toe hy die wenpaal in Rio oorgesteek het. Hy het sy hande in die lug gesteek en ’n “x” met sy arms bo sy kop gevorm. Dié gebaar was in solidariteit met die Oromo-bevolking, die grootste etniese groep in die land, wat volgens hom deur Ethiopië se regering onderdruk word.

Die 27-jarige het die silwermedalje in die marathon in ’n tyd van 2:09:54 gewen.

Hy is by die Miami-lughawe deur sy vrou, Iftu Mulisa, sy dogter, Soko, en sy seun, Sora, gegroet.

Die Ethiopiër het geglo sy lewe sal in gevaar wees indien hy weer sy voete in sy geboorteland sit, hoewel beamptes sê dat hy as ’n held ontvang sal word indien hy sou terugkeer.

’n Geldinsamelingsveldtog is na afloop van die Spele begin om sy gesin, wat steeds in Ethiopië is, te ondersteun.

“Om hul lewe moontlik in gevaar te stel was ’n goeie les vir baie mense oor wat jy moet opoffer sodat toegewings gemaak word en jou omstandighede verander kan word,” het hy aan Associated Press vertel.

“Dit kan as inspirasie dien vir mense om te baklei vir hul regte en om die regering uit te daag.”

Hy het in Augustus die eerste Ethiopiër sedert 2000 geword wat in die marathon by die Olimpiese Spele binne die eerste twee plekke geëindig het.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.