23 April 21:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Atletiek
Powell onttrek hom óók aan aflos
Asafa Powell het hom onttrek aan Jamaika se span vir die naweek se derde Wêreld-aflosbyeenkoms in die Bahamas.Foto: Getty Images

Asafa Powell, Olimpiese en tweemalige wêreld-naelloopkampioen, het hom onttrek aan Jamaika se span vir die naweek se derde Wêreld-aflosbyeenkoms in die Bahamas.

Maurice Wilson, die span se tegniese leier, het bevestig Powell is een van drie atlete wat hom aan die span onttrek het. Die blits het al twee bronsmedaljes by die Wêreldbyeenkoms verower.

“Ek is ingelig dat Asafa Powell nie beskikbaar is nie. So ook Rusheen McDonald. Dis ervare atlete wat ’n groot verskil aan ons span sou maak,” sê Wilson.

Powell se afwesigheid is ’n gevoelige slag vir die Jamaikane. Die span moet reeds sonder sy agtmalige Olimpiese goue medaljewenner, Usain Bolt, klaarkom, wat hom nie beskikbaar gestel het vir die aflosbyeenkoms nie.

Tara Playfair-Scott, Powell se woordvoerder, het aan Reuters gesê die 34-jarige atleet se besluit om te onttrek is strategies van aard.

“Hy oefen tans. Ons is baie spesifiek oor waar hy moet deelneem. Hy wil byvoorbeeld aanstaande week by die Diamantliga-byeenkoms in Doha in aksie wees,” sê sy.

“Om aan die aflosbyeenkoms deel te neem en dan in Doha, sou net te veel van hom geverg het.

Ons wil hom so min as moontlik uitput en eerder fokus op al die groot byeenkomste.
Tara Playfair-Scott

Volgens Wilson sal twee van Jamaika se top-vroueatlete moontlik elk aan een item by die aflosbyeenkoms deelneem.

“Dis nog nie amptelik nie, maar ek het met die afrigter (Stephen Francis) gesels en is ingelig die dubbele Olimpiese kampioen Elaine Thompson en Shericka Jackson (wenner van brons by die Spele en die Wêreldbyeenkoms) sal vir die 4x200 beskikbaar wees,” sê Wilson. - Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.