18 Augustus 10:46
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Atletiek
Senekal wen 1ste goud in Potchefstroom

Die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskap het Vrydag by die Kenneth McArthur-stadion in Potchefstroom afgeskop met die verrassings wat tydens die uitdunne tot ’n minimum gehou is.

Ischke Senekal van Oostelike Provinsie het die eerste goue medalje van die byeenkoms verower nadat sy die gewigstoot vir vroue gewen het met ’n gooi van 16.97 m.

Carina Horn in aksie in die halfeindronde van die 100 m op die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskap in Potchefstroom. Foto: Gallo Images

Die 100 m-uitdunrondes het aan die volgepakte paviljoene ’n voorsmaak gegee van wat later in die dag kan wag met Akani Simbine (10.06 sek.), Wayde van Niekerk (10.22 sek.) en Thando Roto (10.30 sek.) wat sonder te veel moeite hul uitdunne gewen het.

Hoewel Wayde van Niekerk nie in die blokke in die 400 m sal sak nie, sal dit steeds ’n taai stryd tussen Pieter Conradie, Ashley Hlungwani, Ranti Dikgale en die sensasionele Sokwakhana Zazini wees.

Claudia Heunis (13.45 sek.) van Noord-Gauteng en Maryke Brits (13.48 sek.) van die Vrystaat was die vinnigste in hul uitdunne in die 100 m-hekkies terwyl die gunsteling in dié item, Rikenette Steenkamp, haar uitdun ook gemaklik met 13.51 sek. gewen het.

In die 110 m-hekkies vir mans het Tiaan Smit van Noord-Gauteng sonder om te veel te sweet sy uitdunronde gewen met 13.71 terwyl Antonio Alkana van die Westelike Provinsie (13.81 sek.) sowel as Ruan de Vries (13.92) ook gemaklik deurgedring het tot die eindronde.

Die 400 m-hekkies is ’n groot slag toegedien met die onttrekking van Cornel Fredericks wat sedert Saterdag met ’n dyspierbesering sukkel.

Leroux Hamman (49.75 sek.), LJ van Zyl (50.97 sek.) en Constant Pretorius (50.88 sek.) het verseker dat ’n naelbytstryd wag in die eindronde nadat hulle gemaklik deur die uitdunronde is.

In die 400 m-hekkies se uitdunronde het Wenda Nel reeds haar stempel afgedruk en haar uitdun met nagenoeg 25 m gewen in 55.17 sek. terwyl die naasbeste tyd Zeney van der Walt se 59.17 sek. was.

Carina Horn was die uitblinker in die 100 m vir vroue met 11.13 sek. terwyl Alyssa Conley (11.29 sek.), Tebogo Mamatu (11.64) en Tamzin Thomas (11.66) die ander drie uitdunne gewen het.

In die paalspring het Nadja Fourie van die Vrystaat die goue medalje verower met ’n hoogte van 3.70 m.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.