23 Junie 19:24
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Gholf
Louis staan sterk in Perth

Louis Oosthuizen het Vrydag in Perth as ’n tevrede man gaan slaap, nadat ’n tweede ronde van 68 (vier houe minder as baansyfer) by die Lake Karrinyup-buiteklub hom op stewige bene in die Super6-wêreldtoernooi gehou het.

Louis Oosthuizen glimlag breed oor een van sy bofhoue tydens die tweede ronde van die Super6-wêreldtoernooi in Perth.Foto: Getty Images

Dié toernooi bestaan uit 54 putjies van houespel, gevolg deur vyf rondes van putjiespel.

Die top-8 ná drie rondes sal buite die toue sit en kyk hoe die ander sestien wat tussen die voorste 24 spelers was, mekaar oor ses putjies in houespel pak. Die 16-tal wat daarna oor is, sal sake dan verder uitspook.

Die doelwit is dus nie om vandeesweek die beste houespel-telling op te stel nie, maar om teen Saterdagaand 24ste of beter te wees.

Oosthuizen het hom ná 36 putjies in die gesamentlike tiende plek bevind, met ’n totaal van 137 (-7). Sy tweede ronde het vyf voëltjies opgelewer voor ’n brouhou by die sestiende om hom te frustreer.

Nietemin was hy nog blinkoog oor sy vooruitsigte om, soos verlede jaar, in Perth te seëvier.

“Ek dink as ek (Saterdag) ’n telling van vier of vyf houe minder as baansyfer kan aanteken, behoort ek in die top-8 te wees,” het Oosthuizen aan die Europese reeks gesê.

“Jy kan ’n bietjie rustiger oor die eerste drie rondes wees as normaalweg. Selfs al is jy sewe of agt houe agter, is dit nie Sondagoggend ’n probleem nie. Dis hoekom ek (in die derde ronde) net moet probeer om dom foute te vermy, met syfers tevrede moet wees en kyk of daar ’n paar voëltjie-geleenthede opduik.”

Die man aan die bokant van die voorlopersbord is die Australiër Brett Rumsford, wat ná rondes van 66 en 65 ’n totaal van 13-onder gehad het.

Twee houe agter hom in die tweede plek was sy landgenoot David Bransdon, met nog ’n Aussie, Steven Jeffress, ’n verdere hou terug.

Zander Lombard, die enigste ander Suid-Afrikaner in die Perth-toernooi, het die afsnypunt gemis.

* In George het Jaco Ahlers die tweede dag van die Dimension Data Pro-Am-toernooi met ’n voorsprong van twee houe afgesluit.

Ahlers, wat sedert 2015 in dié kusdorp woon, het met ’n ronde van 68 (-5) by die Fancourt Links-baan sy neus gehou voor dié van die verdedigende kampioen, George Coetzee, en Dylan Frittelli gehou het. Soos hy het hulle ook 68 houe by die Links-baan gespeel.

Al drie Fancourt se bane word in die DiData-toernooi gebruik, sodat daar eers ná 54 putjies (wanneer elkeen speelkans by al die uitlegte gehad het) ’n afsnypunt bepaal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.