22 Augustus 20:33
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Krieket
4 SA spelers spog met IPL-100-talle

Hashim Amla, wat sy eerste T20-100-tal Donderdag vir die Kings XI Punjab teen die Mumbai Indians in die Indiese Premierliga (IPL) gemoker het, is een van die agt Protea-ikoonspelers in Suid-Afrika se nuwe T20-reeks.

Hashim AmlaFoto: Gallo Images

Krieket Suid-Afrika (KSA), wat vroeër reeds die name van agt internasionale ikoonspelers bekend gemaak het, het Vrydag ook aangekondig watter Protea-spelers vooraf aan die agt franchisespanne toegeken sal word.

Die spanne sal hul groepe nou met nog 15 spelers kan aanvul wat in Julie deur ’n trekking bepaal sal word.

Die ander Proteas wat elk aan ’n franchise toegeken sal word, is Quinton de Kock, AB de Villiers, JP Duminy, Faf du Plessis, David Miller, Kagiso Rabada en Imran Tahir.

Die spelers sal vir die eerste twee jaar van die T20 Global Destination League (GDL) vir die franchise speel waaraan hy toegeken word.

Amla was die vierde Suid-Afrikaner om ’n 100-tal in die IPL aan te teken ná De Villiers (105*, 133*, 129*), Miller (101*) en De Kock (108) wat ook ikoonspelers in Suid-Afrika se GDL gaan wees.

Die ikoonspelers sal volgens KSA sover moontlik speel vir die span in die stad waarmee hy geskiedkundig verbind word en waar hy as ’n plaaslike held beskou word.

Die proses om die eienaarskap en waar die spanne gesetel sal wees te bepaal, is nog aan die gang. Die spertyd vir voornemende eienaars om tenders in te dien is 28 April, terwyl spelers wat in die GDL wil speel voor 31 Mei moet registreer.

Hoewel Amla se onoorwonne 104 (60b, 8x4; 6x6) Donderdag in Indore nie genoeg was vir die Kings (198/4) om die Indians (199/2 in 15.3 bbe.) te klop nie, sal die Proteas oor sy vertoning jubel.

Amla het hom op die toer in Nieu-Seeland ietwat in die spervuur bevind. Sy nuutgevonde selfvertroue kan ’n siddering tot gevolg hê onder die Engelse, ofskoon dit ’n T20-wedstryd was.

Amla het met die Proteas se vorige toer daar in 2012 sy beste toetstelling – 311* – in die eerste toets op die Oval aangeteken. Om weer vol selfvertroue daar aan te kom voorspel niks goeds vir Engeland nie.

Amla het met sy 104* vir die Kings verbeter op sy vorige hoogste T20-telling van 97* teen Australië verlede jaar op Nuweland.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.