26 Julie 16:47
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Krieket
Belowende draaiers in Indië geslyp
Shaun von BergFoto: Gallo Images

Keshav Maharaj sal, na sy insluiting in die Proteas se eendaggroep wat na Engeland toer nie meer aan die einde van die maand saam met ’n groepie belowende draaiers van die land na Indië vertrek nie.

Hy was na verneem vroeër nog in die groep wat die laaste klompie jare ’n oefenkamp vir draaiers in Indië bywoon.

Die kamp word vanjaar van 30 April tot 7 Mei in Moembai gehou.

Die Titans se Shaun von Berg, wat homself na ’n goeie seisoen ongelukkig kan ag om nie die SA A-span te haal nie, is onder die agt draaiers, wat weer die Protea Dane Piedt insluit.

Daar sal soos met vorige besoeke ’n paar kolwers saam toer. Die Proteas se Theunis de Bruyn en nuwe SA A-kaptein, Aiden Markram, is onder die vier kolwers wat ’n kans gaan kry hul vaardighede teen draaiers daar op te skerp.

Shukri Conrad, afrigter van SA A, Lawrence Mahatlane, afrigter van SA o.19, en Robin Peterson, voormalige Proteas-draaier, vergesel die groep.

Die toergroep is: Draaiers: Kyle Simmonds (Cape Cobras), Dane Piedt (Cape Cobras), Tshepo Ntuli (Knights), George Linde (Cape Cobras), Akhona Kula (Knights), Shaun von Berg (Titans), Tsepo Ndwandwa (Fort Hare-akademie), Khaudise Molefe (Jeppe Boys High). Kolwers: Theunis de Bruyn (Knights), Aiden Markram (Titans), Aviwe Mgijima (Cape Cobras), Jason Smith (Cape Cobras).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.