21 Julie 12:32
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Krieket
Dané SA se groot heldin in sege oor Indië

Die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan se strewe na die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi staan op vars bene nadat hulle Indië gister met 115 lopies verneder het.

Die Proteas se groot heldin in dié wedstryd in Leicester was hul kaptein,
Dané van Niekerk, wat met syfers van 4/22 die hart uit die Indiese kolflys geruk het.

Van Niekerk-hulle het ook verlede Sondag in Leicester stem dik gemaak, toe hulle die Wes-Indiese Eilande tot 48 lopies beperk het en met tien lopies geseëvier het. Toe was Van Niekerk ook op haar kop met geskiedkundige syfers van 4/0.

Die Proteas het aan Indië ’n teiken van 274 gestel nadat die aanvangskolwer, Lizelle Lee, ’n sprankelende 92 van net 65 balle aangeteken het.

Lee het laat waai met tien viere en sewe sesse en het gou seker gemaak dat die Indiese kaptein, Mithali Raj, haar besluit om eerste te boul, vroeg reeds berou het.

Van Niekerk (57 van 66 balle) het ook van voor met die kolf gelei en Suid-Afrika het 273/9 in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken. Daarmee het hulle Indië die derde grootste teiken tot nog toe in ’n vroue-eendagwedstryd gestel.

Dit was ver bo enigiets wat Indië al ooit suksesvol gejaag het, en die druk op hulle was uit die staanspoor duidelik.

Boonop het die Proteas bloed geruik en het Marizanne Kapp (die wêreld se voorste bouler) met net haar tweede bal van Smiriti Mandhana ontslae geraak.

Punam Raut en Deepti Sharma het goed gedoen om ’n vennootskap van 43 lopies om die tweede paaltjie te bou, maar toe Raut met die telling op 47 skoongeboul word deur Ayabonga Khaka, was die vet in die vuur.

Toe Van Niekerk boonop ook amok begin maak, was Indië in vryval, en kort voor lank diep in die moeilikheid op 65/7.

Sharma (60) en Jhulan Goswani (43*) het vir ’n lang ruk vasgeskop en die span tot 118 geneem, maar toe Sharma Van Niekerk se vierde slagoffer word, was die stryd gewonne.

Indië is uitgeboul vir 158, met vier boulbeurte oor. Dit was hul eerste nederlaag van die Wêreldbeker-toernooi.

Die Proteas se volgende wedstryd is Woensdag teen Sri Lanka.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.