29 Junie 04:15
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Krieket
Faf se besluit laat wenkbroue lig
Dean Elgar het die moeilikste deel van die eerste sessie oorleef voordat hy sy paaltjie prysgegee het. Foto: Gallo Images

’n Goeie begin deur Suid-Afrika op die eerste dag van die derde kriekettoets teen Sri Lanka op die Wanderers is Donderdag ietwat ongedaan gemaak toe twee paaltjies kort ná mekaar gekantel het in die sessie voor middagete.

Die Proteas het middagete in Johannesburg op 79/2 gaan nuttig.

Regstreeks: SA t. Sri Lanka, 3de toets

Nadat Faf du Plessis, die Protea-kaptein, die loot gewen het, het hy ’n paar wenkbroue laat lig deur te kolf. Dit terwyl die ekstra snelbouler en nuweling, Duanne Olivier, gekies is ten koste van die draaier Keshav Maharaj.

Hoekom boul jy nie as jy vier snelboulers tot jou beskikkig het nie? is gevra.

Die eerste uur het egter sonder enige voorval verloop vir die Suid-Afrikaanse aanvangspaar, met die Sri Lankaanse boulers wat nie die gunstige toestande behoorlik benut het nie.

Met die total op 45 het daar egter twee paaltjies geval, deurdat eers Stephen Cook (10, 75 minute, 41 balle) been voor paaltjie betrap is deur die toerspan se kaptein, Angelo Mathews.

Angelo Mathews appelleer suksesvol vir ’n bvp-beslissing teen Stephen Cook. Foto: AP

Dit was egter ’n twyfelagtige beslissing, deurdat dit wou voorkom asof dit ’n foutbal was, maar ná verskeie kyk weer’s, het die TV-skeidsregter, Aleem Dar, iets van Mathews se stewel gesien wat wel agter die lyn was.

Dit was in die 16de boulbeurt van die oggend, en in die volgende beurt het Dean Elgar (27, 80 m, 54 b, 3x4) kolf uitgehang na ’n aflewering van die tiener Lahiru Kumara, wat verder wegbeweeg het vanaf die naat en hy is op eerste glip opgeraap deur Dimuth Karunaratne.

Hashim Amla (6*) het ’n senuagtige begin gehad aan sy kolfbeurt in sy 100ste toets en is vroeg teen die vingers getref en het onseker voorgekom. Hy is net voor ete met sy telling op 5 in die glippe misgevang deur Dhananjaya de Silva van Suranga Lakmal se boulwerk.

Hy en JP Duminy (23*), wat veel meer vloeiend was en veral vinnige enkellopies goed geneem het, kolf ná ete voort.

Klik hier vir 'n regstreekse telkaart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.