30 April 16:47
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Krieket
Gayle, KP op pad na Suid-Afrika vir T20-reeks

Die voormalige Engelse toetsspeler Kevin Pietersen, Wes-Indiese mokerman Chris Gayle en Kiwi-breker Brendon McCullum tel onder die indrukwekkende lys van internasionale sterre wat in Desember aan Suid-Afrika se nuwe T20-reeks gaan deelneem.

Chris Gayle met die T20-Wêreldbeker-trofee wat hy en die Windies in 2016 gewen het. Foto: Getty Images
Kevin Pietersen. Foto: Getty Images

Krieket Suid-Afrika het Donderdag aangekondig wie die agt buitelandse trekpleisters is wat in die eerste twee jaar van die Global Destination-liga (GDL) gaan speel.

Die agt sal ‘verkoop’ word aan die franchises, wat gevra sal word om spelers wat voorheen plaaslike krieket in Suid-Afrika gespeel het, se vorige geografiese bande in ag te neem.

Elke franchise sal ook ’n Protea-ster toegewys word.

Die agt internasionale spelers wat in Desember hier sal speel is Dwayne Bravo (Windies), Chris Gayle (Windies), Lasith Malinga (Sri Lanka), Brendon McCullum (Nieu-Seeland), Eoin Morgan (Engeland), Kevin Pietersen (Engeland), Kieron Pollard (Windies) en Jason Roy (Engeland).

“Ons is verheug oor die kaliber van die agt internasionale spelers wat ons vir die liga gekry het,” het KSA se uitvoerende hoof, Haroon Lorgat, gesê.

“Elkeen van hulle is sterre in hul eie reg en gaan groot waarde toevoeg tot die franchise-spanne wat hulle gaan verteenwoordig.

“Hierdie is spelers wat ’n hoë standaard vir ons toernooi gaan stel. Met elkeen van hulle wat huishoudelike name in die krieketwêreld is, kan ons uitsien na uitmuntende krieket wat die verbeelding in Suid-Afrika én rondom die wêreld sal aangryp.”

Die agt spelers is van vier verskillende vastelande, en Lorgat het gesê dit bevestig hoeveel belangstelling daar in die nuwe liga is.

“Dit sal sonder twyfel net groei namate ander internasionale sterre hul belangstelling in ons nuwe kompetisie uitspreek.”

Pietersen het gesê hy sien uit na sy deelname aan die nuwe liga, want “Suid-Afrika is, soos almal weet, na aan my hart.

“Om deel te wees van iets innoverend in (Suid-Afrika se) krieketstrukture maak my baie opgewonde.”

Gayle het self baie gelukkige herinneringe in Suid-Afrika opgestapel, met die grootste daarvan dat hy die eerste honderdtal ooit in T20-krieket geslaan het, tydens die eerste T20-wêreldtoernooi wat in 2007 in Suid-Afrika plaasgevind het.

McCullum het gesê vir hom is die groot aantrekkingskrag van die reeks die toestande en manier wat Suid-Afrikaners krieket benader.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.