17 Januarie 08:52
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

25°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

24°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Donderdag

21°C / 17°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Vrydag

21°C / 17°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Saterdag

23°C / 17°C

Wind 38km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Sondag

23°C / 18°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Krieket
Geen span is veilig in die meerdagreeks
Theunis de Bruyn, Knights-kaptein, kan moontlik sy span in Kimberley teen die Dolphins aanvoer. Foto: Gallo Images

Wanneer die sewende ronde van wedstryde in die meerdagreeks Donderdag begin, kan geen span op sy louere rus nie.

Twee wedstryde wat verlede week geen uitslag opgelewer het nie, en die Cape Cobras se eerste oorwinning, het veroorsaak dat die reeks wawyd oop is.

Slegs tien ligapunte skei die Titans, wat eerste op die puntelys is, van die vyfde geplaaste Lions.

Die Titans, die verdedigende kampioen, se wedstryd verlede week in Bloemfontein teen die Knights, is weens swaar reën afgelas sonder dat ’n enkele aflewering afgestuur is.

Die Titans speel in Benoni teen die Lions, wat met ses paaltjies teen die Cobras in Oudtshoorn verloor het.

Hoewel Mark Boucher, die Titans se breier, verheug is dat sy span steeds boaan die puntelys is, gee hy toe die uitslag teen die Knights was nie ideaal nie.

“ ’n Wedstryd wat onbeslis eindig, of een wat uitgereën het, plaas jou op die agtervoet,” het Boucher Woensdag in ’n verklaring gesê.

“Ons is steeds boaan die puntelys, so ek is nie paniekerig nie. Hopelik bly die reën weg en kan ons met ’n paar goeie bonuspunte in Benoni wen,” sê hy.

Geoffrey Toyana, die Lions se breier, was teleurgesteld in sy span se kolfvertoning in sy eerste beurt teen die Cobras, waarin die besoekers slegs 126 lopies kon aanteken. Hy het die versekering gegee dat hulle dié probleem probeer oplos het.

Puntestand

Titans 64.74 ligapunte

Dolphins 63.80

Knights 60.20

Warriors 58.42

Lions 54.14

Cobras 44.32

Die Knights se kaptein, Theunis de Bruyn, sal straks in Kimberley in aksie wees wanneer sy span teen die Dolphins speel.

Die Sentrale Streekspan is derde op die puntelys en die Dolphins tweede.

Nicky Bojé, Knights-breier, sê hy het nog nie gehoor of sy twee spelers in die Protea-groep, die snelbouler Duanne Olivier en De Bruyn, vrygestel gaan word om die Dolphins aan te durf nie.

“As ek so kyk, dink ek Duanne sal in die toets (teen Sri Lanka op die Wanderers) speel. As Theunis vrygestel gaan word om vir ons te speel, sal hy môreoggend (Donderdag) hoor en dan net by ons kom inval,” sê Bojé.

Malibongwe Maketa sien die Warriors se wedstryd teen die Cobras in Oos-Londen as hul eerste van “vier eindstryde”.

“Ek dink al die wedstryde van hier af, sal eindstryde vir ons wees. Met die spanne so naby aan mekaar op die puntelys, is daar geen plek vir foute nie,” sê Maketa.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.