29 Mei 22:52
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Krieket
Indië straks sonder Rahul ná operasie
Indië se aanvangskolwer Lokesh Rahul. Foto: Getty Images

Indië se aanvangskolwer Lokesh Rahul gaan waarskynlik weens sy skoueroperasie nie in Junie aan die Kampioenetrofee-toernooi deelneem nie.

Die 25-jarige het vroeër vandeesmaand sy linkerskouer beseer toe hy in die eerste toets in Pune die beurt vir Indië teen Australië geopen het.

Hy het egter voortgekolf, in die ander drie toetse ook gespeel en uiteindelik ses vyftigtalle vir sy span aangeteken.

Die regshandige kolwer het hom hierna aan die IPL-kitsreeks onttrek en het ’n skoueroperasie in Engeland ondergaan.

Die Kampioenetrofee-toernooi, waaraan die voorste agt eendagspanne deelneem, begin op 1 Junie in Engeland. Indië, die verdedigende kampioen, is in Groep B saam met Pakistan, Suid-Afrika en Sri Lanka geloot.

“Ek sal moet sien hoe my skouer herstel, maar die kanse is bitter skraal dat ek betyds reg sal wees,” het die kolwer aan die Times of India-dagblad gesê.

“Ek het ’n ernstige kraakbeenbesering in die skouer opgedoen en kon nie my arm op ’n sekere manier beweeg nie, want dan het die skouer uit sy potjie gespring.

Ek het ’n ernstige beenbesering in die skouer opgedoen en kon nie my arm op ’n sekere manier beweeg nie, want dan het die skouer uit sy potjie gespring.
Lokesh Rahul

“Dis hoekom my houe (in die toetsreeks) ook so beperk was, ek moes myself keer om sekere houe uit te voer. Ek moes baie pynmedisyne neem en die skouer was swaar verbind. Die operasie was onvermydelik.”

Rahul het in al drie Indië se laaste eendagwedstryde teen Engeland op tuisfront gespeel en ’n honderd- en vyftigtal aangeteken.

Vir eers gaan ek net ontspan en die skouer ruskans gee.
Lokesh Rahul

“Volgens die dokters sal dit twee tot drie maande neem vir die skouer om te herstel, maar dit hang seker van persoon tot persoon af.

“Dis op die ou einde my besluit hoe ek my rehabilitasie wil aanpak. Vir eers gaan ek net ontspan en die skouer ruskans gee, voordat ek met fisioterapie begin.”

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.